🏆 Win $50 — Monthly contest 🏆 Monthly contest — 5 winners get $50 ·

by Dalene Matthee
Vir Araminta Rossouw het diamante ´n magiese aantrekkingskrag: nie vasgeklamp in ringe of in koningskrone en septers nie, maar ongeslyp en vry in die palm van haar hand, in die holtes van haar African violet se blare, of op haar vensterbank waar hulle met die berg kan gesels. Diamante is klein klippies, heilig, waarin oerlig gebêre is. En hulle straal iets uit: as sy hulle vashou, weet sy of hulle gelukkig is of nie. Om mense uit ´n geldelike verknorsing te help, gaan verkoop sy vir hulle diamante in ´n krotterige Kaapse buurt, en daarmee gaan ´n kortpad na vryheid vir haar oop. Sy wat as wit kind van Afrika verwerp voel, en gedoem tot ´n ewige struggle; wat wil padgee na ´n land waar dit moontlik is om gewoon te leef sonder skuldgevoel, en by geluk uit te kom. Dit was toe sy op universiteit in die geskiedenis van die Afrikanervolk gaan delf het om haarself te probeer vind dat sy op ´n barsie afgekom het wat deur alles loop en waarvan iemand haar ooit gesê het nie. ´n Bars wat al grote
No reviews yet. Be the first!
John Hegley
Earl Lovelace